Agriciltural Writers SA Corporate Memeber - Obaro

By Obaro glo ons daarin om ons hande vuil te maak. Ons glo daarin om saam met die boer die land te bewerk en sodoende ons droom te verwesenlik, om die boer se besigheid op elke plaas te wees.

Obaro is gestig deur boere, en tot vandag toe word die maatskappy deur boere besit. Ons ondersteun nie net die boere en die landbougemeenskap nie; ons is boere, deel van die gemeenskap waarin ons werk. Deur innoverende projekte, konstante navorsing en betroubare daaglikse ondersteuning, doen ons, ons deel om landbou se deurlopende groei en sukses te verseker.