Agripen September 2018

Agripen September 2018

Nasie in Gesprek by Nampo Kaap

Tydens die eerste sessie van Nasie in Gesprek by Nampo Kaap het panneellede soos Chris Burgess (Landbouweekblad se redakteur), Jannie de Villiers (Graan SA) en Francois Strydom (Senwes) uitgevaar teenoor die media se wanbegrip van hoe die landbousiklusse werk. Hieroor kan ’n mens boeke vol skryf, maar die lank en die kort daarvan is dat die hoofstroommedia nie altyd die insig en kennis het of genoeg tyd afstaan om die landbousektor beter te verstaan nie. Ons kollegas móét en kán beter en as Landbouskrywers SA kan ons maar (weer) ’n hand uitsteek om joernaliste en veral redakteurs beter blootstelling gaan die bedryf te gee. Dit was veral die onlangse beriggewing in Rapport oor grondpryse wat met 32% gedaal het, kwansuis as ’n direkte gevolg van politieke uitsprake oor onteiening sonder vergoeding, wat paneellede warm onder die kraag gehad het.

“Ja, dit is feitelik korrek dat grondpryse met 32% gedaal het, maar dit was ‘sloppy’ joernalistiek,” het Strydom gesê. “Droogte, graanpryse en die seisoene het ’n groot invloed. Dit is beslis nie onteiening sonder vergoeding wat hierdie kwartaal se grondpryse afgedwing het nie,” sê hy en het die media beskuldig dat die onderwerp “sensasioneel gekoppel word” aan onteiening sonder vergoeding. De Villiers het sy stem hierby gevoeg en gesê dat seisoenaliteit en wisselvalligheid ’n inherente eienskap van die landbou is. “Die gronddebat kan definitief in die toekoms ’n invloed hê op die ‘landbou BBP’, maar jy kan nie hierdie kwartaal se prestasie aan die politiek toeskryf nie. Indien ons na die landbou-inkomste vir die volgende ses maande kyk word dit bereken dat die graanbedryf se bydrae in die derde kwartaal (Julie-September) met 9% sal styg teenoor verlede jaar en die vierde kwartaal sal dit met 21% verhoog. Dit is grootliks as gevolg van die beter graanoeste wat in die Wes-Kaap en veral die Swartland vanjaar verwag word.

Kliek hier om te lees

Categories