Agripen June 2018

Agripen June 2018

Kleiner wynoes briek brandewynbedryf

Die prys van wyn vir gebruik in brandewyn kan in die komende twee jaar kwaai styg vanweë die kleiner druiwe-oes weens die droogte.Die wynbedryfsliggaam Vinpro het verlede maand in sy amptelike jaarlikse wynoesverslag vir 2018 aangedui dat die seisoen se verwagte wyndruifproduksie van 1, 220 920 ton sowat 15% laer is teenoor verlede jaar. Sowat 170 miljoen liter minder wyn sal dus vanjaar gemaak kan word. Na verwagting sal die gemiddelde prys vir grootmaatwyn in die komende jaar met ongeveer 15% toeneem.

“Saam met die verhoging in BTW en die styging in aksynsbelasting wat hoër as die inflasiekoers is, sal die hoër prys van grootmaatwyn kwaai druk op kleinhandelwynpryse plaas. Verbruikers kan verwag om 8% tot 11% meer vir hul gunstelingwyn te betaal,” sê me. Yvette van der Merwe, besturende direkteur van Suid- Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsels (Sawis), in ’n verklaring.

Kliek Hier om te lees

Archives

Categories