| NUUS
Borgskap vir jong landboujoernalis na IFAJ-kongres
5 June 2008
Wonderlike nuus - Oostenryk se Federale Persdiens het drie borgskappe bewillig om jong landboujoernaliste in staat te stel om later vanjaar die węreldkongres van die Internasionale Federasie van Landboujoernaliste (IFAJ) in Oostenryk en Slowenië by te woon. Een van die borgskappe is aan Suid-Afrika toegesę.
Hiermee wag Landbouskrywers SA dus nou dringend aansoeke in van jong lede van ons vereniging (jonger as 30 jaar) om die besoek mee te maak. Dit duur van 10-14 September. Die Oostenrykse regering betaal vir die vliegtuigkaartjie en kongresfooi, wat hotelverblyf en maaltye insluit. Dus moet die wenner van die beurs slegs sy/haar eie sakgeld saamneem.
Enigiemand wat lus is om te gaan, moet asb ’n deeglike motivering aan my stuur. Daarin moet jy sę hoekom jy wil gaan en wat jy met die inligting gaan doen wat jy daar gaan insamel (daar is verskeie landboutoere tydens die kongres).
Terloops, ek gaan ook namens Suid-Afrika, want ek dien op die uitvoerende bestuur van die IFAJ.
Stuur jou aansoek asb. per e-pos aan my (cvanrooy@landbou.com) voor 10:00 op Vrydag, 13 Junie aangesien die Nasionale Dagbestuur daarna moet besluit wie die wenner is en die Oostenrykers teen Sondag, 15 Junie moet verwittig.
Sien die uitnodigingsbrief van die Federale Persdiens.
Charl van Rooyen, Nasionale Sekretaris
|