| NUUSVERKLARING
Wennerboere stig Forum
16 November 2007
’n Forum bestaande uit voormalige wenners van LandbouskrywersSA se Boer van die Jaar wedstryd is tydens die vereniging se 30 ste verjaardag in Boksburg gestig.
Charl Senekal, 2002 se Boer van die Jaar, is as voorsitter aangewys. Die forum gaan eersdaags weer vergader om ’n naam, grondwet, visie en missie te bepaal.
Die ander boere op die forum is Andries Pienaar (1985), Gerdie Landman (1993), Fred Visser (1999), Saag Jonker (2000), Eddie Prinsloo (2003), Gert Pretorius (2004) en Casper Badenhorst (2005). Hulle gaan ander voormalige nasionale wenners en provinsiale finaliste ook betrek.
Hul strewe is om te help om van Suid-Afrika ’n wêreldleier op die gebied van agribesigheid te maak. Hulle wil as groep gesaghebbendes onafhanklik van die politiek leiding te gee, onder meer aan die Departement van Landbou en landbou-unies. Daardeur wil hulle hul kennis en ervaring aanbied om oplossings vir probleme te help verkry en as klankbord en mentors dien.
Vir meer inligting skakel Charl van Rooyen by 012 420 7893.
|