Augustus / August 2008

Hoekom is ons hier?

Die doel van 'n bedryfsorganisasie is hoofsaaklik om na die belange van 'n bepaalde bedryf om te sien. In die geval van Landbouskrywers SA is dit nie net die belange van die bedryf wat sy bestaansreg regverdig nie, maar ook die belange van die lede, wat tog immers die organisasie uitmaak. Sonder lede is die vereniging niks. Deel van die belange van die lede is toegang tot landbou- en landbouverwante inligting en ook die opleiding van nuwe lede in landbousake.

Om dié doelstellings na te kom, word funksies, besoeke en inligtingsessies met gereelde tussenposes gereël. Bedryfsorganisasies word genader met die doel om hulle inligting en fasiliteite beskikbaar te stel tot die lede van die Landbouskrywers SA. As ons terugkyk na die afgelope jaar se aktiwiteite, is daar bykans elke maand die een of ander aktiwiteit aan die lede aangebied. Verder word nuusvrystellings van korporatiewe lede en ook ander landboubesighede aan die lede gestuur vir hulle gebruik of bloot vir kennisname.

Dit is jammer dat sommige van die aksies wat aangebied word so swak bygewoon word. Dit stel die vereniging werklik in 'n swak lig as 'n maatskappy baie moeite doen en daar daag slegs 'n klein groepie lede op.

Om dié rede vra ons dus dat julle, as lede, vir ons laat weet waarin julle belangstel. Dui ook aan watter tyd van die maand, week, en dag julle die beste sal pas. Stuur asb julle terugvoer aan die sekretariaat by info@junxionpr.co.za. Dit is natuurlik so dat almal nie altyd gelukkig gehou sal kan word nie, maar ons onderneem om ten minste die oorgrote meerderheid se voorkeure in ag te neem.

Ons hoor graag van julle!

Magda du Toit
Voorsittter: Landbouskrywers SA Noord

Landbou in Sentraal-Europa

Nico van Burick

Suid-Afrikaanse joernaliste besoek Wes-Europa gereeld om oor landbou daar verslag te doen. Oor Sentraal- en Oos-Europa is daar nog min geskryf en daarom was dit 'n aangename verrassing om te sien hoe landbou daar bedryf word.

Ek moet bieg. Toe ek op Kroasië, Hongarye en die Tsjeggiese Republiek as bestemmings vir 'n buitelandse besoek besluit het, was my verwagtinge oor landbou nie baie hoog nie. Dit was die skoonheid van stede soos Dubrovnik, Budapest en Praag wat die groot trekpleister was.

Hoewel hierdie stede, elk op sy eie manier, 'n onuitwisbare indruk op mens maak, was die besoeke aan plase ook telkemale 'n verrassende hoogtepunt. Landbou in lande soos Kroasië en die Tsjeggiese Republiek verskil soos dag by nag. In Kroasië is dit niks vreemd om op een ha te boer nie en in vir die Tsjegge is dit nie snaaks om op tot 10 000 ha te boer nie.

Tomo Vodnica (72) boer sy hele lewe lank op 'n agt ha plasie teen die berghange buite Dubrovnik in die suide van Kroasië. Net twee ha van die grond is bewerkbaar, maar hy maak 'n goeie bestaan uit lemoene en olywe. Sy jaarlikse lemoenoes van sowat 34 ton is vroeg op die mark en die pryse is goed.

Die olywe is egter die lewensbloed van die boerdery - soos vir alle boerderye in dié deel van die land. Van die olyfbome is al meer as 300 jaar oud en dra tot 250 kg olywe per boom. Dieselfde pars wat sy familie vir 200 jaar gebruik het, kan steeds gebruik word om die olie uit te pers.

Olyfboerdery is die oudste bedryf - meer as 1 000 jaar - in die land. Daar is sowat 5,5 miljoen olyfbome en slegs vir die afgelope tien jaar word bome in boorde aangeplant en moderne landboutegnieke benut. Die land se olyfolie is van die beste ter wêreld.


Olyfbome teen die berghange buite Dubrovnik in Kroasië.

'n Garsland op 'n plaas naby Brno in die Tsjeggiese Republiek.

Naby Brno in die sentrale deel van die Tsjeggiese Republiek boer Vitezslav Navratil op 'n heel ander manier. Hy is die voorsitter van 'n maatskappy wat op 9 000 ha boer. Hulle huur grond van sowat 4 000 individuele grondeienaars en plant hoofsaaklik mielies, koring en gars. Op die plaas word ook 2 000 ton hoender en 1 000 ton varkvleis per jaar produseer en verwerk.

Hulle spog met 'n opbrengs van sewe ton/ha vir koring en tien ton/ha vir mielies op droëland. Om dit moontlik te maak word net die jongste en beste tegnologie benut en jaarliks word minstens R40 miljoen aan nuwe tegnologie, navorsing en ontwikkeling bestee.

Dit is die uiterstes waarmee mens in hierdie wonderlike lande te doen kry. As jy dus daar besoek aflê, moet nie net op die strande en in die stede vashaak nie. Maak ook 'n draai op die plaas!

Nico se besoek was deel van die John Deere-prys vir landboujoernalistiek.

We went to the zoo!

Mercia Smith

After many weeks of negotiations and phone calls the long awaited agricultural writers' function with the Endangered Wildlife Trust took place in July at the Johannesburg Zoo. To make it easier for members to attend the information session, a bus was made available from Pretoria. But still only five members could get themselves so far to go. Well, I can just tell you that the rest of the members missed out on a worthwhile session. The trust presented all their talks in such a way to express the impact on agriculture. Topics included the illegal chemical trade, predators and farmers and the badger-friendly honey project.

After the presentations we had a braai and drinks and made a lot of new contacts and friends with everybody agreeing that there was a lot of information for articles in different publications

A big thanks to the trust!

The Endangered Wildlife Trust is dedicated to conserving threatened species and ecosystems in Southern Africa to the benefit of all people. Among others, the trust initiates and implements conservation research and action programmes, prevents species extinctions and maintains biodiversity and ecosystem functioning.

Dit is ...
... die wildste fees in die land!!!!!

Hanlie du Plessis

So het die organiseerders voorspel oor die ABSA Kirkwood Wildsfees wat in Junie in dié karaktervolle dorpie van die Sondagsriviervallei gehou is (Toe nog salig onbewus van my teenwoordigheid.)

Vir my was dit 'n eerste en definitief nie die laaste nie. Die program was so wyd en omvattend dat groot feeste by die mense kan kom kers opsteek oor hulle mix. Vir die afskop het hulle vir Steve gehad en hy kan nou maar wees wat hy wil, maar die man het 'n ongelooflike presence op die verhoog. Die organiseerders beweer dat meer as 50 van SA se top kunstenaars oor die feesdae opgetree het. Daar was ook die normale feesstalletjies waar 'n ou van toffies tot trekkers kon koop

Die wildsveiling self was ook vir my 'n belewenis. Die tent was propvol mense wat bereid is om duisende Rande te betaal vir bokke, renosters en dies meer. Met my kennis oor veilings het ek eers gewonder hoe veilig 'n ou gaan wees met 'n renoster in die ring. Maar met wild werk dit toe nie so nie. Die wild word vooraf gevang en by die lodges en reservate in bomas vir besigtiging gehou. Ek het die voorreg gehad om na die wild in die bomas te gaan kyk - dankie Werner. En daar is nog mense met geld in ons land - een ou het R640 000 betaal vir 'n 15jarige witrenosterbul.

'Die laaste maar definitief nie die onbelangrikste element van die fees nie, was die kos en wyn. André Mostert, jou Mostertsdrift Cabernet Sauvignon is net die beste in die wêreld.

Pretoria Show - feel the spring fever!

Millions of Rands will again be pumped into the economy of the City of Tshwane as thousands of visitors stream to the Pretoria Show to capitalise on a multitude of business and entertainment opportunities.

The show is for one of the biggest consumer exhibitions in South Africa, and is renowned as a festival of diversity, culture and lifestyle. Gates open on 27 August. It is also the second biggest agriculture show in the country. The show grounds literally overflow with exhibitions, business bargains, world class entertainment and an impressive agricultural programme. The show will be open until 7 September.

Show Manager Hanlie Delport says one of the major advantages of visiting the Pretoria Show is that there are so many options and offerings in one single venue.

"The agricultural offering includes the international championships for the Simmentaler and Brahman breeds, and national championships for the Pinzgauer, Drakensberger and Pedi breeds. Apart from the Regional Saddle Horse Championships, the final round of the Agricultural Research Council's Beef Star Performers and Herd of the Year Competition will also be held here for the first time in years."

For more information visit www.pretoriashow.com.

Landbouskrywers en Ou Mutual besoek Boer van die Jaar

Charl van Rooyen

Landbouers, Ou Mutual-personeel en vriende het onlangs Landbouskrywers SA se 2007 Nasionale Boer van die Jaar, die Rossouw-Groep, in Delmas besoek.

Die besoekers het die geleentheid gekry om 'n kykie in hierdie omvangryke pluimvee-, graan-, vrugte-, vee- en kitsgrasboerdery te kry. Die patriarg van die boerdery, Chris Rossouw, sy vrou, Naubie, en hul vier seuns, Charles, Chris junior, Adriaan en Naudé Rossouw, vorm die anker van die besigheid.

Die besoek is deur groot geeste in die georganiseerde landbou meegemaak, waaronder Lourie Bosman, Voorsitter van Agri SA, en Kobus Laubscher, Hoofbestuurder van Graan SA. 'n Vorige Nasionale Boer van die Jaar, Saag Jonker, was ook daar. Chris Rossouw junior het ook 'n paar van sy ou Springbok-rugbymaats - Ollie le Roux, Nico Wegner, Henry Honiball en Toks van der Linde - genooi.

Na die besigtiging van die boerdery-aktiwiteite het 'n lekker onthaal gevolg, waar almal 'n hond uit 'n bos gekuier het. Laat die aand het Chris senior nog een van sy vele talente gewys toe hy die gaste op sy trekklavier begelei het.

Leonard Roux, Streekhoofbestuurder van Ou Mutual, en Claude Moller het 'n oorkonde in die vorm van Claude se gedig, Ek is 'n Suid-Afrikaanse Boer, aan elk van die Rossouws oorhandig.

Dear Member

Thanks to those of you who responded to our call for membership fees. However, 80 percent of membership fees are still outstanding.

The secretariat will again e-mail unpaid members' invoices. Could we please have these paid by the end of August?

Thank you for your cooperation!

Magda du Toit
Chairman - Agricultural Writers SA North