Agripen November 2011

Landbouskrywers SA se wenners vir 2011

Landbouskrywers SA het verlede week verskeie presteerders in landbou op sy toekenningsplegtigheid in die Paarl vereer.


BP Greyling van Wakkerstroom in Mpumalanga - Boer van die Jaar vir 2011 en Tobias Doyer van Santam Agribesigheid
BP Greyling van Wakkerstroom is as Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar aangewys.

Sy passie is die produksie van genetiese fynwol. Hy het vanjaar 'n Suid-Afrikaanse rekordprys van R250 000 vir 'n Merinoram met superfynwol betaal. Daarmee wil hy die boerdery se wolskeersel nog fyner teel.

In 2004 het hy op 12 672 hektaar met 11 000 skape en 3 500 beeste geboer. Vandag besit hy 17 493 hektaar en huur nog 4 500 hektaar by. Sy beesgetalle het tot 5 769 toegeneem en sy skaapgetalle is tot 'n kudde van 21 200 vermeerder - alles sy boerdery se eie aanteel.

Hy verbou ook mielies en sojabone op droëland, gesertifiseerde raaigrassaad en groenvoer onder besproeiing.

BP is die jongste lid van Pro-Agri Forum, 'n verteenwoordigende liggaam van voormalige wenners van dié prestigeryke kompetisie wat gereeld met belangrike besluitnemers in die regering en die private sektor oor kommersiële boere se belange vergader.


Prof Herman van Schalkwyk, Rektor Noordwes Universiteit - Landboukundige van die Jaar vir 2011 en Hein Mienie - John Deere Financial
Prof Herman van Schalkwyk van die Noordwes- Universiteit is as Landboukundige van die Jaar aangewys.

Sy betrokkenheid by talle provinsiale en nasionale instansies word hoog aangeslaan. Hy is in 2007 deur die Minister van Landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en word in 2008 adjunk-voorsitter van die raad van die Landbank. Hy het ook agtien maande lank as voorsitter van die raad van die Landbank waargeneem. Herman is 'n konsultant vir die Wêreldbank en ander Suid-Afrikaanse instansies asook 'n spesialis in landbou- en verwante hofsake.

Herman is een van die land se mees vooraanstaande landbou-ekonome, wat hom op verskeie gebiede onderskei het. In 2010 word hy aangestel as rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Voor dit was hy dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.

As besturende direkteur van Aginfo koördineer hy 'n groep individue wat betroubare markinligting aan bestaande en potensiële kliënte verskaf. Hierdie prys- en markneigings word op 'n weeklikse basis in Landbouweekblad gepubliseer.


Jane Plaatjies, verteenwoordiger van Agri Dwala-trust - Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou vir 2011 en Ernst Janovsky ABSA Agribesigheid
Die Agri Dwala-trust is as Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou aangewys.

Die trust bestaan uit 29 begunstigdes wat 15 huishoudings verteenwoordig. Soveel moontlik mense word bemagtig wat 'n wesenlike verskil aan die gemeenskap maak.

Die trust het in 2006 op 640 ha huurgrond begin boer en vandag boer hulle op 1 540 ha met vleisbeeste, skape, wintergraan en lusern. In die graanvertakking word koring, gars, hawer, kanola en lupine verbou.

Die vleisbeeskuddde is in Junie 2006 saamgestel uit die beeste en koeie waarmee die begunstigdes op hul erwe in die dorp geboer het. Vandag spog die groep met 169 puik vleisraskoeie. Die begunstides leer om hul sukses te deel deur jaarliks 'n tiende van hul dividende aan 'n welsynsinstansie van hul keuse op die dorp Napier te skenk. So word die sukses van die projek as 'n rimpel-effek in die gemeenskap gevoel en baat soveel meer mense daarby. Hulle vind groot vreugde en persoonlike prestasie daarin om te kan teruggee aan hul gemeenskap en leer om sukses te deel.


Lindi van Rooyen - Santam Landbou/Agirsecuritas Joenalis van die Jaar vir 2011 en Japie Grobler van Agri Securitas

Kobus Lindeque en Magda du Toit van Monsanto en Charl van Rooyen - wenner van die Monsanto Landbouskrywers SA tegniese artikelwedstryd vir 2011

Adele Engelbrecht, Voorsitter Landbouskrywers SA Weskaap, Hein Vollgraaff van BKB en Johan Norval - fotograaf van die jaar

Johan se wenfoto.
Lindi van Rooyen van Farmers Weekly is vanjaar se wennner van die Landbouskrywers SA Santam Landbou en Agrisecuritas wedstryd.

Sy het met prysgeld van R10 000 asook 'n bykomende R5 000 vir 'n kursus van haar keuse weggestap.

Die toekenning gee erkenning aan joernalistieke werk wat die beeld van Suid-Afrikaanse landbou en die van die landbouer ten beste bevorder. Inskrywings van 15 joernaliste en 26 artikels is vanjaar ontvang.

Charl van Rooyen van Landbouweekblad is die wenner van die Landbouskrywers SA-Monsanto Tegniese Artikel-wedstryd.

Sy prysgeld was R5 000. Liza Bohlmann van AgriConnect was tweede en het prysgeld van R2 000 ontvang. Johan Norval en Isabel Stoltz was gesamentlik in die derde plek en die derdeplekprysgeld het R1 000 beloop.

Vanjaar is die wedstryd die eerste keer aangebied en 14 artikels deur agt joernaliste is ingedien.

Die wedstryd is in die lewe geroep om die leemte in die erkenning van landboujoernalistiek van 'hoe om' artikels te vul.

Boere is afhanklik van die inligting wat hulle in tydskrifte en die elektroniese media kry. Die wedstryd spoor joernaliste aan om dieper in landbou-onderwerpe te delf en dit so aan te bied dat dit waarde vir die boer toevoeg.

Johan Norval van Lanbouweekblad is vanjaar se Landbouskrywers SA-BKB Fotograaf van die Jaar.

In die kategorie 'Mense in die boerdery' was Johan Norval die wenner en Glenneis Kriel het met beide die 2de en 3de prys weggestap.

In die kategorie 'Plantegroei' was Chris Jooste die wenner en Johan Norval en Chris Jooste gesamentlik in die 2de plek.

Lucille Botha is die wenner in die kategorie 'Diere' met Liza Bohlmann en Johan Norval onderskeidelik tweede en derde.

In die kategorie 'Wol en bokhaarbedryf' het Johan Norval met die 1ste en 2de prys weggestap en Charl van Rooyen was derde.

Johan Norval is die wenner in die kategorie 'Landbouwerktuie' en Liza Bohlmann was 2de.

In die kategorie 'Skoufoto's' stap Johan Norval met die 1ste prys weg en Charl van Rooyen met die tweede prys.

Johan Norval is die wenner in die kaegorie vir portfolios met Alani Janeke 2de en Charl van Rooyen 3de.

Johan Norval wen die 1ste en 2de prys in die kategorie 'Ongepubliseerde foto's' en Liza Bohlman wen die 3de prys.


Wellington - heart of the Cape winelands

The heart of the Cape Winelands and the SA Terroir Top Wine Area 2010 is situated a mere 45 minutes away from Cape Town and within a 30 minute radius from neighbouring historic towns such as Paarl, Franschhoek, Stellenbosch and the Swartland.

And this is the area where the Agricultural Writers SA and other media recently went on a Pinotage tasting experience. The tour kicked off at Altydgedacht in the Durbanville area. Established in 1698, Altydgedacht Estate is a family farm where long standing traditions and modern methods blend to create wines of quality and character. Altydgedacht is one of the historic farms established on the fertile slopes of the Tygerberg and has been in the Parker family since 1852. Brothers John and Oliver use the varied soils, slopes and microclimates to grow high quality grapes from suitable noble varieties. Winemaker Oliver produces wines of distinctive character and strong varietal flavour, typical of the renowned Durbanville area.

Wine-touring is hard work - Agricultural Writers SA members working away on the Pinotage tour

The group started the Wellington leg of the trip at Welbedacht, the estate of Schalk Burger and sons with a wonderful experience of tasting in the vineyard, then proceeded to a "stokkies" demonstration at Lelienfontein and ended with a superb Pinotage Lunch at Doolhof.

Due to its excellent soils and climate, The Valley of the Wagonmakers or Val du Charron is also known as the cradle of the vine where some 95 per cent of South Africa's vine cutting nurseries are situated. It would be fair to say that all award-winning wines can claim their origin to be rooted in Wellington.

The Wellington Wine Route consists of 26 producers, is small and compact and the cellars are within easy driving distance from each other. In the last 5 years Wellington has become known for its unique terroir and in 2010 was proclaimed the SA Terroir Top Wine Area. The region has produced 3 Absa Top Pinotages in a row, received amongst others numerous Decanter, Veritas and Michelangelo awards, 2 Platter 5 stars and has instituted a local competition to raise the overall quality of Wellington - Quest for the Best - by Wellington for Wellington.

Wellington Pinotage

Pinotages van Wellington word gekenmerk aan hulle volheid, vrug en intense kleur. Die belangrikste faktore wat bydra tot hierdie positiewe eienskappe -

  • Wellington se verskillende grondtipes wissel van hoë potensiaal grond teen die Bergrivier tot medium potensiaal aan die hange van die Groenberg. Dis hier waar kwaliteit Pinotage verbou word want die grond sorg vir 'n goeie balans tussen groei en drag (kleiner korrels). Die wingerdstokke dra genoeg blare om geur en suiker in die trosse te vorm. Die blaarstand is nie te dig nie en genoeg sonlig kan deurfiltreer vir die rypwordingsproses en vorming van kleur in die korrels. Hierdie kleur word oorgedra met gisting en gee daardie tipiese donkerrooi kleur aan Pinotage in die glas.

  • Die gunstige warmer klimaat van Wellington veroorsaak ook dat daar tipiese donkervrug-geure soos pruim en bessie gevorm word. Die ligter piesanggeure van die koeler areas kom nie hier voor nie.

  • Pinotage is ook n vroeë kultivar wat dan meebring dat dit die sporadiese hittegolf mis wat in die middel van die somer in die Boland voorkom. In daardie stadium is die druiwe al veilig in die kelder besig om tot wyn verwerk te word.

  • Pinotage het ook die vermoë om volgens markbehoefte in meer as een styl gemaak te word. Die opleiwingerde met besproeiing sorg vir die Rosé en die ligte vrugtige styl wyne, terwyl die bosstokke en opleiwingerde met lae besproeiing en drag, sorg vir die voller, ernstiger wyne.


Thanks for voting!

Table Mountain was voted one of the New7Wonders of Nature - thank you for voting!


Photo of the month

They eat so well - Aimab Superfarm in Namibia
Liza Bohlmann received a Distinguished Recognition Certificate
in the annual IFAJ Photo Contest for this photo.